Uitdrukking: Jy sit op Kol en jy soek na Kol

Uitdrukking:
(Jy) sit op Kol en (jy) soek na Kol

Betekenis:
Gesê vir iemand wat vlak teen ‘n voorwerp is waarna hy soek.

Waar kom dit vandaan?
Volgens oorlewering het iemand ‘n aantal perde vermis en die makste met die naam Kol eerste opgespoor. Hy het toe op hom geklim en na die res van die perde gesoek. Daarna het hy na Kol begin soek sonder om te besef dat hy op die perd sit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Louis Havenga ·

Ek het nog nooit dit in die konteks wat hier aangehaal word gehoor nie maar wel;
‘ek het hom op ‘n kol gesien, bedoelende dat ek hom wel ‘n ruk gelede gesien het.
Of, ek het dit op ‘n kol gehad, bedoelende dat ek dit wel in die verlede in my besit gehad het maar ek weet nie waar dit nou is nie.
‘Op ‘n kol’, bedoelende op ‘n keer of op ‘n tydstip en nie volgens my as iemand vlak by ‘n voorwerp is waarna hy/sy soek nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.