Uitdrukking: Kaskenades aanvang

Argieffoto. (Foto: White77/Pixabay)

Uitdrukking:
Kaskenades aanvang

Betekenis:
Grappe of streke aanvang.

Waar kom dit vandaan?
Kaskenade is ‘n vervorming van die naam van die inwoner van die Franse streek Gascogne, ‘n gasconnade. Soos elke volk sy spotfiguur het, word die gasconnade van grootpratery en oordrywing beskuldig. Hy is vol streke en vertel van die goeie eienskappe wat hy nie het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.