Uitdrukking: Kolmuis vreet wasgoed

skok-taboe-hand-voor-mond-wag-swart

Argieffoto (Foto: Andre Guerra/Unsplash)

Uitdrukking:
Kolmuis vreet wasgoed

Betekenis:
Gesê as iemand se klere in die gleuf van die boude optrek: Kol(muis) vreet wasgoed wanneer ‘n kruisbanddraer se kruisbande te kort is en sy broek styf tussen sy bene deur span (opgeteken in Suidwes-Afrika).

Waar kom dit vandaan?
Kolmuis is dikwels die naam van ‘n koei wat ‘n kol voor die kop of kolle op die lyf het. Die beeld van ‘n koei wat wasgoed vreet, is waarskynlik in geselskap gebruik om kuisheidsredes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.