Uitdrukking:
Korte mette maak met iets
Betekenis:
Iets gou afhandel
Waar kom dit vandaan?
Die mette in die Katolieke Kerk was die eerste deel van die oggendgebed. Die woord kom van Latyn matutinae preces, “môregebede”. Die monnike het dié gebede voor ontbyt bygewoon (soms om middernag, maar gewoonlik om 03: snags wanneer ‘n klok in die klooster die inwoners wakker gemaak het), en volgens oorlewering het hulle dan gehoop dat die voorste bidder net so honger of vaak soos hulle sou wees en die mette kort sou hou.