Uitdrukking: Koud en warm uit een mond blaas

Argieffoto

Argieffoto

Uitdrukking:
Koud en warm uit een mond blaas

Betekenis:
Jou weerspreek

Waar kom dit vandaan?
Ontleen aan ʼn fabel van Esopus: Op ʼn baie koue oggend kom ʼn bosgod op ʼn man af wat op sy vingers blaas om hulle met sy asem bietjie warm te probeer maak. Die bosgod kry die man toe jammer en nooi hom saam huis toe vir ʼn bord heerlike warm sop. Omdat die sop te warm is, blaas die man daarop. Sy gasheer smyt hom toe by die deur uit omdat hy met dieselfde asem (en mond) warm en koud blaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae