Uitdrukking: Krokodiltrane huil

Argieffoto

Argieffoto

Uitdrukking:
Krokodiltrane huil

Betekenis:
Huigel, veins (skynheilig)

Waar kom dit vandaan?
Dit is oorspronklik gesê wanneer iemand op ‘n skynheilige, geveinsde manier trane stort. ‘n Latere ontwikkeling was dat mense dit gelykgestel het aan lang trane huil, wat met spyt en onbarmhartigheid verband hou.

Die oudste verklaring is dié wat Photius, die patriarg van Konstantinopel, in die 9de eeu v.C. gegee het.

Daarvolgens sou die dier ‘n geluid maak soos ‘n kind wat huil om sy slagoffers te lok, en dan boonop huil terwyl hy sy slagoffer vreet. Hy sou dan ook huil omdat daar so min vleis aan die kop van sy slagoffer is, volgens ‘n Griekse oorlewering van die 4de eeu. Ander het geglo dat die monster nie so harteloos is nie, en huil omdat hy so ‘n wrede daad moes pleeg.

Sommige sê dat die gesegde bloot verwys na merke onder sy oë wat soos trane lyk.

Wat nader aan die waarheid is, is dat die krokodil se traankliere baie vloeistof afskei wanneer hy eet en dat dit tot die uitdrukking aanleiding kon gegee het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.