Uitdrukking:
Lag soos ‘n boer met tandpyn
Betekenis:
Suur of gedwonge lag
Waar kom dit vandaan?
Boere het lank gelede nie die geleentheid gehad om die tandarts gereeld te besoek nie (as daar ooit ‘n tandarts was) omdat hulle selde na die naaste dorp gegaan het. Hulle moes dus maar die tandpyn verdra het, wat dit moeilik gemaak het om vrolik te lag.
Dis ammusant maar ek dink die spreekwoord sou vandag nog net so van pas wees al is die tandartse nou naby, nou het jy tandpyn agv die regering se houding teenoor die boere !