Uitdrukking: Lepel in die dak steek

Argieffoto

Argieffoto

Uitdrukking:
Lepel in die dak steek

Betekenis:
Doodgaan

Waar kom dit vandaan?
Die uitdrukking lepel in die dak steek as versagting vir doodgaan het ook ‘n variant, naamlik sy lepel in die dak steek.

Dit verwys dan na ‘n kenmerkend Suid-Afrikaanse verskynsel van huise met lae dakke, aangesien dieselfde uitdrukking in ander tale verskil omdat die lepel in die muur gesteek word.

Die simboliek is dat iemand vir die laaste keer geëet het, aangesien dit skynbaar vroeër in huise sonder kaste die gewoonte was om ná ete jou lepel in die dak te steek.

In Drente was dit de vork neerleggen, in Limburg is die paplepel weggelê, in dialektiese Engels is die lepel in die muur gesteek, in die Nederduits van Berghaus is die lepel weggesmyt, en in Mecklenburg is die lepel ook in die wand gesteek. Ou prente toon lepels wat in leerringe teen die muur hang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.