Uitdrukking: Lont ruik

Uitdrukking:
Lont ruik

Betekenis:
Agterdogtig weer/onraad vermoed.

Waar kom dit vandaan?
Dit kom van die dae van die pangewere toe daar nog nie slagdoppies was nie en die kruit met ‘n lont aan die brand gesteek. Die wagte het in die nag ‘n stuk lont aangesteek sodat hulle nie tyd hoef te mors as die vyand aanval nie; daar was klaar ‘n vonk wat in die kruitpan kon val. Volgens een oorlewering het die nader sluipende soldate in die donker geweet dat hulle die wagte nader as hulle die lont kon ruik. Die ander verklaring is dat die soldate in ‘n vesting geweet het daar dreig gevaar as hulle hul eie lont ruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.