Uitdrukking: Met apostelperde reis

Argieffoto (Foto: David Mark/Pixabay)

Uitdrukking:
Met apostelperde reis

Betekenis:
te voet gaan

Waar kom dit vandaan?
Gegrond op die Bybel: die opdrag van die Here (Matt 10:5) aan die apostels was dat hulle te voet na die stede van Galilea moes reis, selfs sonder skoene en dus sonder ʼn perd of rytuig. Hulle voete moes dus hulle perde wees. Daar was ook ʼn uitdrukking met die perde van die Heilige Franciscus kom, wat daarop dui dat die arm Franciskaners te voet moes reis terwyl die ryk Benediktyners te perd kon gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.