Uitdrukking:
Met die linkerhand trou
Betekenis:
Huwelik van ‘n man uit die adelstand met ‘n vrou uit ‘n lae stand.
Waar kom dit vandaan?
Dié soort huwelik is vroeër nie deur die koninklike howe as wettig beskou nie, vanweë die verskil in status van die man en vrou. Die kinders uit die huwelik kon ook nie op die titel van die vader aanspraak maak nie. Die Gotiese woord morgjan het “beperk” beteken, en daarom word dié soort huwelik soms ‘n morganatiese huwelik genoem. Die man het tydens die seremonie sy trou met die linkerhand in plaas van die regterhand belowe, vandaar die uitdrukking.