Uitdrukking:
Met die verkeerde voet uit die bed klim
Betekenis:
nors en nukkerig wees
Waar kom dit vandaan?
Die verkeerde voet is die linkervoet. Volgens ons oervoorouers was dit ongelukkig om aan die linkerkant van die bed af te klim, of om die grond met die linkervoet eerste te raak. Die linkerkant is verbind met die weste, waar die son ondergaan, en was dus simbool van die dood.