Uitdrukking: Met die verkeerde voet uit die bed klim

Diego Maradona van Argenitinië word wakker (datum onbekend) Foto: Allsport UK/Allsport

Diego Maradona van Argenitinië word wakker (datum onbekend) Foto: Allsport UK/Allsport

Uitdrukking:
Met die verkeerde voet uit die bed klim

Betekenis:
nors en nukkerig wees

Waar kom dit vandaan?
Die verkeerde voet is die linkervoet. Volgens ons oervoorouers was dit ongelukkig om aan die linkerkant van die bed af te klim, of om die grond met die linkervoet eerste te raak. Die linkerkant is verbind met die weste, waar die son ondergaan, en was dus simbool van die dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.