Uitdrukking: Met ‘n goue lepel gebore wees

Argieffoto Foto: silverspoonbabyplanners.com

Argieffoto Foto: silverspoonbabyplanners.com

Uitdrukking:
Met ‘n goue lepel (of silwerlepel) (in die mond) gebore wees.

Betekenis:
Baie voorspoedig wees

Waar kom dit vandaan?
Daar is altyd gesê dat die adellikes se kinders met ‘n goue of silwerlepel in die mond gebore is.

Eens op ‘n tyd was dit die gewoonte van ryk peetouers om ‘n silwerlepel aan hulle peetkind te gee wanneer hy of sy gedoop is. Hoewel sulke kinders gewoonlik in welaf gesinne was en dus nie regtig die waardevolle silwerlepel nodig gehad het nie, was die tradisie sterk gewortel. Vanweë die geldelike voorsprong bo minder bevoorregtes kon sulke kinders dus makliker ‘n fortuin bymekaar maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Christina Basson ·

Wie het blou aan n seun kom hang en pienk aan n dogter…wie het besluit pienk is nie vir mans nie…wonder net…..

Ben Burger ·

Waar kom die woorde”rewien” en “rafot” vandaan.Dit is nogal baie deur my eie moeder gebruik.Ek lei af dat rewien meer met verniel en rafot met baljaar te doen het.
Sal bly wees as Anton meer lig hierop kan werp.
Dankie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.