Uitdrukking: met vlieënde vaandels

Argieffoto (Foto: keizi5050/Pixabay)

Uitdrukking: 
Met vlieënde vaandels

Betekenis:
Met groot sukses

Waar kom dit vandaan?
‘n Vaandel is onder andere die vlag wat bo aan die skeepsmas gehys is; as ‘n skip deur die vyand verslaan is, moes die vlag as teken van oorgawe gestryk word. As die vlag teen die mas vasgespyker is, was dit ‘n teken dat die bemanning van die verslane skip tot die einde sou veg en die vlag dus nie gestryk kon word nie. Om met vlieënde vaandels terug te keer, het dus op ‘n suksesvolle vaart gedui.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.