Uitdrukking:
mooiweer speel met iemand
Betekenis:
baie vriendelik wees met iemand van wie jy iets wil hê
Waar kom dit vandaan?
Wanneer dit mooiweer in Europa is, gaan mense buitentoe om hulle te vermaak met ritte of vaarte – en dan moet daar kos en wyn aan die plesiermakers voorsien word. Net so verwag iemand wat mooiweer speel dat hy goed gratis moet kry.