Uitdrukking:
muisneste hê
Betekenis:
deurmekaar wees van verliefdheid
Waar kom dit vandaan?
Muizenissen in Nederlands is afgelei van Middelnederlands musen “peins” (vergelyk Engels “to muse”); later het dit die betekenis van “swaarmoedige gedagtes” gekry, wat ʼn mens afgetrokke laat raak.
Waarnemers sou dan dink dat iemand deurmekaar is.