Uitdrukking:
‘n Appeltjie met iemand te skil hê
Betekenis:
‘n Netelige saak met iemand bespreek
Waar kom dit vandaan?
Die appeltjie het geen besondere simboliese betekenis nie: sinonieme uitdrukkings in ouer Nederlands bewys dit, byvoorbeeld ‘n eier, uitjie met iemand skil, ‘n neutjie met iemand kraak.
In ander tale is daar soortgelyk ook ‘n gans, kraai met jou pluk.
Dit dui egter aan dat die onaangename gesprek nie sommer uit ‘n terloopse aanmerking gaan bestaan nie, maar ‘n tydie sal duur.
Brewer meen dat ‘n ou Grieks-Romeinse gewoonte van kinders die oorsprong kan wees. Die ryk ouers kon bekostig om vir hulle kinders voëls as troeteldiere te gee. As twee kinders baklei het, het hulle uit woede die vere van mekaar se voëls uitgepluk.