Uitdrukking:
ʼn bakvissie wees
Betekenis:
ʼn Opgeskote dogter, veral in haar puberteit
Waar kom dit vandaan?
Die vis wat ter sprake is, is so jonk en dus klein dat dit net-net in ʼn bak of pan inpas wanneer dit gaar gemaak word. ʼn Ander moontlike verklaring is dat dit ʼn vervorming in Nederlandse studentetaal was van baccalaureus, die laagste akademiese graad en dus ʼn jong student, later toegepas op meisies.