Uitdrukking:
ʼn Blou Maandag
Betekenis:
ʼn Dag waarop alles verkeerd loop
Waar kom dit vandaan?
Die byvoeglike naamwoord blaauw het in die Middeleeue en ook later die betekenis van “nietig, van weinig waarde” gehad, ʼn blou Maandag was dus ʼn Maandag van geen besondere betekenis nie, terwyl Sondag die feesdag was waarop daar nie gewerk is nie. ʼn Ander moontlike verklaring het te make met die Maandag voor die vastyd in die kerk, wanneer die beelde, die altaar, die doopvont en die kansel met blou doeke behang is. Aangesien die dag in die Middeleeue ook Goeie Maandag genoem is, lyk laasgenoemde verklaring nie aanvaarbaar nie.
Na aanleiding van die uitdrukking : As Petrus by is praat ‘n mens nie van ‘n haan nie, is dit interessant dat daar in die Nuwe Testament nêrens van “‘n haan:
” melding gemaak word nie, maar wel van “die haan” Volgens dr. Casper Kruger wat navorsing gedoen het oor die aangeleentheid was dit nie ‘n werklike haan nie, maar wel ‘n beuel wat geblaas het wanneer die Romeinse wagte omgeruil het wat as “die haan” bekend gestaan het.