Uitdrukking: ʼn Bloukous wees

Argieffoto (happy-pregnancy.blogspot.com)

Uitdrukking:
ʼn Bloukous wees

Betekenis:
Geleerde vrou, of vrou wat vir geleerd wil deurgaan, en wat ‘n sekere minagting vir huishoudelike sake toon.

Waar kom dit vandaan?
Uit Nederlands blauwkous wat reeds in 1667 opgeteken is uit die klug van Kees Louwen waarin die eienaam Juffrou Blaeu-kous gebruik is. Dié naam is moontlik ‘n vertaling van Hoogduits Blaustrumpf, ‘n neerhalende benaming vir geregsdienaars wat in die 17de eeu blou kouse gedra het.

Die Nederlandse blauwkous in die betekenis hierbo genoem, is egter ‘n leenvertaling van die Engelse blue stocking (ongeveer 1780). Dit is as spotnaam gebruik om te verwys na intellektuele wat ʼn literêre kring aan huis van Lady Elizabeth Montague in Londen gevorm het en wat blou kouse van kamgare, in plaas van die gebruiklike swart sykouse, gedra het.

Bron: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.