Uitdrukking: ʼn Brawe Hendrik

Argieffoto (Foto: www.bowtieaficionado.com)

Argieffoto (Foto: www.bowtieaficionado.com)

Uitdrukking:
ʼn Brawe Hendrik

Betekenis:
ʼn Man wat alte goed wil wees; ʼn seun wat te soet en voorbeeldig is

Waar kom dit vandaan?
Ontleen aan die titel van ʼn gewilde 19de-eeuse Nederlandse boek van Nicolaas Anslijn (1777-1838) waarin Hendrik as skynheilige uitgebeeld word. Dit is opgevolg deur De Brave Maria. Braaf in Nederlands beteken “deugsaam, goed, gaaf”, nie “dapper” nie.

OOK:
Uitdrukking:
ʼn Brawe Maria

Betekenis:
ʼn Voorbeeldige meisie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.