Uitdrukking: ‘n Buiteperd wees

Uitdrukking:
‘n Buiteperd wees

Betekenis:
Nie die gunsteling wees in enige soort wedywering nie.

Waar kom dit vandaan?

Ontleen aan perdewedrenne: ‘n buiteperd is ‘n perd wat 1) aan die buitekant van die baan geloot is en om ‘n draai dus verder moet hardloop met minder kanse om te wen, en 2) in die verlede swak presteer het en waarvan die kans maar swak staan om teen die gunsteling te wen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.