Uitdrukking:
ʼn Deurgestoke kaart
Betekenis:
ʼn Vooraf gereëlde, bekonkelde saak
Waar kom dit vandaan?
Deurgestoke is die verlede deelwoord van deursteek, dit wil sê ʼn kaart wat deurgesteek is sodat daar ʼn gaatjie in is. In dobbelspele was die kaart dus onregverdiglik herkenbaar vir iemand wat weet van die gaatjie.