Uitdrukking: ʼn Enakskind

Argieffoto (Foto: RyanMcGuire, Pixabay)

Uitdrukking:
ʼn Enakskind

Betekenis:
ʼn Besondere groot mens

Waar kom dit vandaan?
Ontleen aan die Bybel uit Numeri 13:33: “Ons het daar ook die reuse gesien, die kinders van Enak, van die reuse afkomstig; en ons was soos sprinkane in ons oë; so was ons ook in hulle oë (1953-vertaling).”

Enak was die stamvader van die legendariese reuse wat voor die koms van die Israeliete in Kanaän was.

Bron: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Barend ·

Dis ‘n baie interesante een. Dankie, sal hom iewers moet inpas.

VaalDonkie ·

Daar’s vandag nog sulke lang mense daar in die midde-ooste wat ses vingers en ses tone aan elke hand en voet, onderskeidelik, het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.