Uitdrukking: ʼn Geslote boek

Argieffoto (Foto: jarmoluk, Pixabay)

Uitdrukking:
ʼn Geslote boek

Betekenis:
Die uitdrukking verwys na iets of iemand wat ʼn mens nie begryp nie of wat geheimsinnig is.

Waar kom dit vandaan?
ʼn Geslote boek dui daarop dat die inhoud ontoeganklik is. Wanneer ʼn boek toe is, bly die inhoud daarvan onbekend aan die leser. Die beeld is een van ou boeke wat met swaar, stewige koperslotte gesluit is, of in die geval van Bybels en kerkboeke, slotte van goud of silwer.

Die uitdrukking is moontlik ook ontleen aan die Bybel (Op. 5:1) wat melding maak van die boek wat met sewe seëls verseël is en wat onbegryplik vir die mens bly.

Bron: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.