Uitdrukking:
ʼn hupstootjie gee
Betekenis:
ʼn laaste, kragtige stootjie gee
Waar kom dit vandaan?
Moontlik uit die Nederlandse werkwoord huppen wat “spring deur albei bene gelyktydig van die grond af te lig”, beteken. Só ʼn stootjie word ook met ʼn kragstoot van albei bene uitgevoer. In roeibote word die roeiers met hup aangesê om die begin van die slag aan te dui wanneer die bene reguit gemaak word.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Eerder ‘n laaste finale stoot, verseker nie ‘n ‘kragtige’ stoot nie.