Uitdrukking: ʼn Kranige sportman

Argieffoto (Foto: RyanMcGuire, Pixabay)

Uitdrukking:
ʼn Kranige poging/sportman/ens.

Betekenis:
ʼn Uitmuntende poging/sportman/ens.

Waar kom dit vandaan?
Kranig kom waarskynlik uit Frans crane wat onder meer “opsigtig, opvallend” beteken; dus iemand/iets wat vanweë die uitmuntende eienskappe raakgesien word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

Adri ·

Ek aanvaar die Franse woord “crane” word “krane” uitgespreek?

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.