Uitdrukking: ʼn Negedaagse wonder

Grafika: Prawny, Pixabay

Grafika: Prawny, Pixabay

Uitdrukking:
ʼn Negedaagse wonder

Betekenis:
Iets wat vir ʼn kort tydjie opspraak verwek

Waar kom dit vandaan?

Na aanleiding van klein hondjies en katjies wie se oë na ongeveer nege dae oopgaan. Oorgedra op die mens beteken dit dat daar vir ʼn kort tyd oor ʼn saak gewonder word, waarna die oë oopgaan en die saak duidelik word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Otter ·

Dankie. Dis interessant.
Ek sien in ‘n onlangse Maroela Media rubriek gebruik Herman Toerien die uitdrukking “met die kluitjie in die wind stuur”. Waar kom dit vandaan?

Sune van Heerden ·

Dagsê Otter

Die oorspronklike uitdrukking is eintlik “Iemand met ‘n kluitjie in die riet stuur”. Dit beteken om met mooipraatjies/beloftes van iemand ontslae te raak, of iemand se vrae/versoeke te ontwyk. Die uitdrukking het ontstaan vanweë ‘n jagter wat ‘n kluit tussen die riete gooi, as hy wil hê sy apporteerhond moet die eende tussen die riete opjaag – die kluitjie flous dus die hond.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.