Uitdrukking: ‘n Negedaagse wonder

Uitdrukking:
‘n Negedaagse wonder

Betekenis:
Iets wat vir ‘n kort tydjie opspraak verwek.

Waar kom dit vandaan?
Na aanleiding van klein hondjies en katjies wie se oë na ongeveer nege dae oopgaan. Oorgedra op die mens beteken dit dat daar vir ‘n kort tyd oor ‘n saak gewonder word, waarna die oë oopgaan en die saak duidelik word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Paul Joubert ·

Is hierdie verduideliking volledig, of is dit net bespiegeling? Kom die uitdrukking nie van die Shakesperiaanse akteur, William Kemp, se negedaagse “morris dance” vanaf Londen tot Norwich af nie? Of ten minste, dat dit deur daardie gebeurtenis gepopulariseer is?

Sune van Heerden ·

Dagsê Paul, die verduideliking kom net so uit dr. Anton Prinsloo se boek, “Spreekwoorde en waar hul vandaankom”. Dit is moontlik net ‘n bespiegeling en nie die volledige verduideliking nie. Jou verduideliking dra dalk ook water. Groetnis

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.