Uitdrukking: ʼn Pleganker wees

Argieffoto (Foto: PublicDomainPictures/Pixabay)

Uitdrukking:
ʼn Pleganker wees

Betekenis:
Iemand wees wat in die uiterste nood kan help.

Waar kom dit vandaan?
Die letterlike betekenis van “pleganker” het met skeepvaart te doen. “Pleg” verwys na ʼn verhoogde dek op die voor- of agterstewe van ʼn vaartuig. Die pleganker is die anker op die pleg van ʼn vaartuig wat in noodgevalle gebruik word.

In ʼn figuurlike sin, en in die konteks van hierdie uitdrukking, sinspeel dit op iets of iemand wat ondersteuning bied of ʼn laaste toevlug is.

Bronne: Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT), Spreekwoorde en ander segswyses en Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.