Uitdrukking: ʼn Stuiwer in die armbeurs gooi

Argieffoto (Foto: Mircea Iancu/Pixabay)

Uitdrukking:
ʼn Stuiwer in die armbeurs gooi

Betekenis:
Saampraat

Waar kom dit vandaan?
ʼn Stuiwer was ʼn ou munt wat ongeveer ʼn halfsent werd was. As jy dus jou geldelike bydrae gelewer het, kon jy saampraat.

Een van Maroela se lesers, Ollie Olwagen, laat weet: ‘n Stuiwer was nie werklik ‘n halfsent, een wat uit Daan Desimaal se halfpennie ontstaan het nie. ‘n Stuiwer was oorspronklik ‘n kwartpennie, ‘n kwart van ‘n pennie. Daar was wel twee mossies op die destydse halfsent, maar dié mossies was eintlik heel eerste op die kwartpennie of stuiwer. Met desimalisasie is die stuiwer uitgefasseer en die mossies het toe oorgegaan op die halfsent. Die Bybelvertalers wou natuurlik net ‘n munt met die minste waarde noem.

(Foto verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.