Uitdrukking: ʼn Tweesnydende swaard

Argieffoto (Foto: Mathew Schwartz/Unsplash)

Uitdrukking:
ʼn tweesnydende swaard

Betekenis:
iets/ʼn argument wat twee teenoorgestelde uitwerkings kan hê; daar is altyd ook ʼn ander kant aan ʼn saak

Waar kom dit vandaan?
In die Bybel word dié uitdrukking op verskillende manier gebesig. Dit word gebruik vir:

  • Die woord van God wat ons so diep ondersoek.
  • Die volk van God wat heidennasies sal oordeel.
  • Die verleidinge van ʼn ontugtige vrou wat eers genotvol is, maar jou die afgrond inhelp.
  • Die skeiding wat die Here sal maak tussen sy kinders en die ongelowiges op die oordeelsdag.

Bron: Met een voet in die Bybel deur ds. Gert Janse van Rensburg. Die boek kos R250 en is aanlyn beskikbaar per bestelling. Om die boek te koop, stuur ʼn e-pos na Janse van Rensburg by [email protected]. ʼn Gedeelte van die verkope gaan na Solidariteit Helpende Hand se Bejaardesprojekte.

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.