Uitdrukking: ‘n Vlieg het oor iemand se lewer geloop

Argieffoto (Foto: Pratico)

Argieffoto (Foto: Pratico)

Uitdrukking:
‘n Vlieg het oor iemand se lewer geloop

Betekenis:
Iemand is in ‘n slegte bui

Waar kom dit vandaan?
Die lewer is beskou as die setel van die toorn in die liggaam, net soos die hart die setel van die liefde is. As iets dus oor jou lewer geloop het, het jy kwaad geword.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.