Uitdrukking: ʼn wit olifant

Foto ter illustrasie. (Foto: Patrick Duvanel/Unsplash)

Uitdrukking:
ʼn wit olifant

Betekenis:
iets wat geen doel dien nie en ’n oorlas is

Waar kom dit vandaan?
In ou Siam (nou Thailand) is ’n wit olifant as heilig beskou. As ’n howeling die koning geïrriteer het, het hy ’n wit olifant as koninklike geskenk ontvang. Omdat die dier heilig was, moes die arme howeling natuurlik sorg dat die ding genoeg kos en water het, en gereeld geskrop en gepamperlang word. Die olifant mag ook nie gewerk het nie, en was dus nutteloos vir die ontvanger. Dink ’n mens daaraan dat so ’n dier tot 250 kg kos per dag verorber, is dit nie juis die ekonomiesste troeteldier wat daar is nie.

Bronne: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Cherokee ·

Dit verduidelik die uitdrukking…dankie, maar laat die vraag oop oor wat ‘n wit olifant is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.