Uitdrukking:
ʼn Wit olifant
Betekenis:
Iets wat geen doel dien nie en ’n oorlas is.
Waar kom dit vandaan?
In ou Siam (nou Thailand) is ’n wit olifant as heilig beskou. As ’n howeling die koning geïrriteer het, het hy ’n wit olifant as koninklike geskenk ontvang. Omdat die dier heilig was, moes die arme howeling natuurlik sorg dat die ding genoeg kos en water het, en gereeld geskrop en gepamperlang word. Die olifant mag ook nie gewerk het nie, en was dus nutteloos vir die ontvanger. Dink ’n mens daaraan dat so ’n dier tot 250 kg kos per dag verorber, is dit nie juis die ekonomiesste troeteldier wat daar is nie.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Dit verduidelik die uitdrukking…dankie, maar laat die vraag oop oor wat ‘n wit olifant is.