Uitdrukking: Na Canossa gaan

Canossa, Italië Foto: http://blog.travelemiliaromagna.com/

Canossa, Italië Foto: http://blog.travelemiliaromagna.com/

Uitdrukking:
Na Canossa gaan

Betekenis:
Jou aan iemand onderwerp

Waar kom dit vandaan?
Canossa is ʼn dorp in Noord-Italië. In Januarie 1077 het die heilige Roomse keiser Hendrik IV van Duitsland na Canossa gereis om ʼn oudiënsie aan te vra met pous Gregorius VII, wat in ʼn kasteel aldaar gebly het.

Keiser Hendrik is vroeër deur die pous uit die kerk geban en hy wou vergifnis kom vra.

Hy het drie dae lank sonder hoed of skoene in die binnehof van die kasteel gestaan, en hierdie nederigheid het die pous oorreed om hom te vergewe.

Die uitdrukking na Canossa gaan word toegeskryf aan die Pruisiese staatsman prins Otto von Bismarck

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

nico ·

Gewonder toe ek hierdie uitdrukking sien, maar moet tog noem bietjie teleurgesteld dit is nie Afrikaanse uitdrukking nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.