Uitdrukking: Naberou is galberou

Argieffoto. (Foto: Tumisu/Pixabay)

Uitdrukking:
Naberou is galberou

Betekenis:
Berou wat agterna kom, veroorsaak baie verdriet.

Waar kom dit vandaan?
Galberou is waarskynlik ʼn vervorming van Nederlands galgberouw. Dit is die berou wat ʼn veroordeelde aan die voet van die galg uit doodsangs het.

Bron: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Scholtz ·

Ander uitdrukkings waarin “berou” voorkom, is soos volg:

1. Berou is wellus se nagereg.
2. Die stert en berou kom altyd agterna.
3. Dit is beter om te neem en berou te he, as om te laat en berou te he.
4. Haas is die suster van berou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.