Uitdrukking: Nie vir koue pampoen skrik nie

Argieffoto

Argieffoto

Uitdrukking:
Nie vir koue pampoen skrik nie

Betekenis:
Nie sommer bang word nie

Waar kom dit vandaan?
Hier is moontlik twee uitdrukkings aan bod: Nie vir ‘n koue pampoen skrik nie en dan gewoon Nie vir koue pampoen skrik nie.

In antieke Brittanje was daar ‘n bygeloof onder die Kelte dat die siele van mense wat in die voorafgaande jaar gesterf het, op 31 Oktober (Halloweendag) in verskillende gedaantes verrys, met die lewendes meng en ‘n liggaam soek om in te neem. Hulle het dus vure gemaak om dié gedrogte af te skrik. Die pampoenspook het simbool daarvan geword.

Dit kan dus wees dat niemand vir daardie koue pampoen geskrik het nie (al was daar ‘n kers in). Nie skrik vir koue pampoen nie kan dan bloot beteken om nie vir ‘n essensieel onskadelike ding te skrik nie.

‘n Pampoenspook is ‘n uitgeholde pampoen met gate wat oë, neus en ‘n mond voorstel en wat gewoonlik ‘n kers binne-in het om dit spookagtig te laat lyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.