Uitdrukking: Niks met iemand uit te waai hê nie

Argieffoto (Foto: Benjamin Sz-J./Pixabay)

Uitdrukking:
Niks met iemand uit te waai hê nie.

Betekenis:
Niks met iemand te doen hê nie.

Waar kom dit vandaan?
Om met alle winde saam te waai, beteken om met almal saam te stem; dus beteken dié uitdrukking om glad nie met iemand saam te stem nie. Om iemand te laat waai, is om hom te los sodat hy deur die wind weggewaai word; dus weer eens om niks met hom te doen hê nie.

Bronne: Spreekwoorde en ander segswyses

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.