Uitdrukking: Oop-en-toe êrens aankom

Argieffoto (Foto: Kathy Bugajsky/Pixabay)

Uitdrukking:
Oop-en-toe êrens aankom

Betekenis:
Daar in groot haas aankom

Waar kom dit vandaan?
Volgens die Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA) word “oop-en-toe” waarskynlik so genoem omdat die arms en bene van iemand wat baie haastig of vinnig beweeg van die lyf af, of van mekaar af, wegswaai en daarheen, of na mekaar toe, terugswaai, sodat dit lyk asof dit oop- en toemaak.

Bronne: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA) en Afrikaanse idiome, spreekwoorde en segswyse (PI Hoogenhout en JJA Schoeman)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.