Uitdrukking: Op die bakoond sit

Argieffoto (Foto: Wilfried Pohnke/Pixabay)

Uitdrukking:
Op die bakoond sit

Betekenis:
ʼn Oujongnooi wees

Waar kom dit vandaan?
Volgens oorlewering was daar vroeër ʼn gebruik dat hubare meisies buite op die bakoond gaan sit het waar hulle nie net sigbaar was nie, maar ook potensiële vryers kon sien aankom.

Bronne: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom en Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (6de uitgawe) (HAT)

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.