Uitdrukking: Op die swartlys wees

Argieffoto (Foto: AliceKeyStudio, Pixabay)

Argieffoto (Foto: AliceKeyStudio, Pixabay)

Uitdrukking:
Op die swart lys/swartlys wees

Betekenis:
Onder verdenking staan; as ongewens beskou word of opgeteken staan

Waar kom dit vandaan?
Swart boeke bestaan reeds sedert die Middeleeue. Ook in koning Hendrik VIII (1491 – 1547) van Engeland se tyd het hy ‘n swart boek gebruik om korrupsie van die kloosters daarin aan te teken en dit as getuienis gebruik om hulle te sluit.

Handelaars van dié tyd het ook begin rekord hou van slegte betalers en mense wat bankrot speel se name is in so ‘n boek aangeteken.

Selfs die universiteite het nie agter gebly nie: as iemand se naam weens wangedrag in die universiteite van Cambridge of Oxford verskyn het, kon so iemand nie ‘n graad behaal nie.

Dieselfde het ook in die regimente in die Britse leër gegeld – ‘n swartboeksoldaat kon nie bevorder word nie. Die boek is só genoem vanweë sy swart omslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johan ·

Snaaks dat swart (Wereldwyd) gewoonlik vereenseleig word met iets negatief of onheil; “Black Magic. Black Friday. The Black Hole” ensovoorts. Swartlys. Swart of donker dae ek seker nog baie meer. Wonder hoeveel sulke idiome is daar?
Wit nou weer word vereenselwig met alles wat rein is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.