Uitdrukking:
op jou louere rus
Betekenis:
nie verder lof probeer inoes nadat ʼn mens deur eie inspanning iets bereik het nie
Waar kom dit vandaan?
ʼn Louerkrans (lourierkrans) of erepalm was ʼn teken van oorwinning; ʼn seëvierende generaal sou so bekroon word. Om daarop te rus, was dus om niks verder na te streef nie.
Daar word dikwels ten onregte gesê dat die lourierkrans by die antieke Olimpiese Spele toegeken is. Daar was vier sodanige spele, elk met sy eie soort krans vir die wenner. By die Putiese was dit van lourierblare gemaak; by die Nemeïese was dit van groen pietersielie; by die Olimpiese van wilde olyfblare; en by die Ismiese van droë pietersielie of groen denneblare.