Uitdrukking:
Op twee gedagtes hink.
Betekenis:
Twyfel wat om te doen.
Waar kom dit vandaan:
Ontleen aan die Bybel: 1 Kon. 18:21. Hink is om kreupel te loop, dus eintlik na die een kant en dan na die ander kant in jou gedagte oorleun soos iemand wat hink.