Uitdrukking:
ruimskoots gee
Betekenis:
In groot mate gee
Waar kom dit vandaan?
Ontleen aan die skeepvaart: die oorspronklike uitdrukking was ruimskoots seil, wat beteken het om met ‘n gevierde skoot te seil. Die skoot was die tou waarmee ‘n mens die seil kon vier, dit wil sê laat skiet, losmaak. Om ruimskoots te gee beteken dus eintlik om nie jou gawe te beperk nie.