Uitdrukking:
Skoenmaker, hou jou by jou lees!
Betekenis:
Bemoei jou met sake waarvan jy kennis het!
Waar kom dit vandaan?
Ontleen aan die oorlewering oor die beroemde Griekse skilder, Appelles, wat tydens die regering van Aleksander die Grote een van sy werke in die openbaar tentoongestel het.
ʼn Skoenmaker het ʼn opmerking oor een van die sandale in die skildery te make gehad. Apelles het dit toe verander. Maar toe besluit die skoenmaker om sommer sy aanmerkings tot ander aspekte van die werk uit te brei, waarop Apelles vir hom die nou bekende uitdrukking toegevoeg het.
Hoop so almal wat altyd verkeerdelik sê/skryf “skoenmaker hou jou by jou leuse” let tog asb op dis “lees” en nie “leuse”! :(
Die skoenmaker se ‘lees’, is inderdaad n skoenvorm meestal uit hout wat die skoenmaker gebruik om skoene te maak en te herstel. Die skoen word oor die lees getrek om die skoenmaker se werk te vergemaklik.