Uitdrukking: So doof soos ʼn kwartel

Argieffoto (Foto: Robin Higgins/Pixabay)

Uitdrukking:
So doof soos ʼn kwartel

Betekenis:
Baie doof

Waar kom dit vandaan?
As ʼn kwartel bang word, bly sit hy roerloos sodat sy vyand hom nie maklik kan sien nie. Daar word beweer dat ʼn mens selfs op hom kan trap of ʼn geweer afvuur sonder dat hy sal beweeg. Hierdeur het die oorlewering ontstaan dat die voël doof is.

Bron: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom

  • Ter wille van die konteks van hierdie taaltoffie en ter wille van erkenning aan die bron versoek ons dat jy nie bloot net ʼn skermskoot van hierdie taaltoffie op sosiale media sal deel nie, maar eerder die skakel van die Toetentaal-plasing sal gebruik. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

jeff ·

Alle upland game voele word stokstil en as toe die jagter en sy hond kom. Waarom daarom se ons nie ‘as doof soos ‘n fasant’ nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.