Uitdrukking: So slim soos die houtjie van die galg

Argieffoto

Argieffoto

Uitdrukking:
So slim soos die houtjie van die galg

Betekenis:
Baie geslepe

Waar kom dit vandaan?
Slim in Middelnederlands het “skeef, skeel, skuins” beteken. Iemand was dus so skeef soos die houtjie van die galg. Dit was ‘n figuurlike betekenis wat aangedui het dat daar ‘n sekere slinksheid, selfs misdadigheid in die persoon steek. (In Latyn het scelus “misdaad” beteken.)

Die houtjie van die galg is in die praktyk glad “geslyp” deur die tou wat gereeld daaroor gegly het (slijpen se vroeëre betekenis het juis met die handeling gly te make gehad).

Dit was dus naderhand letterlik ‘n geslepe houtjie, wat later ‘n figuurlike betekenis verkry het.

Een van die vroeëre betekenisse van geslyp was juis ook “glibberig” – en dit beskryf nog een van die kenmerke van ‘n geslepe persoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.