Uitdrukking: So waar as padda manel dra

(Argieffoto) Kermit van die Muppets Foto: esquire.com

(Argieffoto) Kermit van die Muppets Foto: esquire.com

Uitdrukking:
So waar as padda manel dra

Betekenis:
Baie seker

Waar kom dit vandaan?
ʼn Afrikaanse verbrouing van ʼn Nederlandse gesegde. Vroeër het die ouderlinge van die kerk in Nederland manelle gedra – en hulle het bekend gestaan as die kerkvorsten.

In veral die Katolieke Kerk was dit die hooggeleerde en hooggeplaaste amptenare soos die pous en die kardinale.

Die uitdrukking was dus: So waar as wat kerkvors manel dra.

Omdat die benaming kerkvors in Suid-Afrika mettertyd in onbruik geraak het, het die betekenis daarvan ook vervaag. Op eg volksetimologiese manier is ʼn woord wat naastenby so klink, ingespan om die gesegde te laat herleef. En toe word dit: So waar as wat kikvors manel dra.

Die woord kikvors vir padda het self in onbruik geraak en word vandag nie eintlik meer gehoor nie; dit is dus met padda vervang. Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal gee ook die spottende omgekeerde: So waar as wat kerkvors padda is, wat duidelik wys dat die kerkvors met die kikvors vermeng is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.